Blue Ridge het ontstaan uit ‘n gedeelte van Moquini wat geoormerk was vir ‘n aftree-oord.  Moquini het teen die idee van ‘n aftree-oord as deel van hulle ontwikkeling besluit en die ontwikkelaar Purple Plum Properties het die deel toe gekoop met die idee om ‘n klein medium-digtheid ontwikkeling daar te stel met ‘n groot fokus op die natuurlewe aangesien dit aan die een kant grens aan Moquini, wat ‘n natuurreservaat is, en aan die ander kant grens dit aan die groter Danabaai Bewarea en so het Blue Ridge ontstaan.  Nadat die aanvanklike infrastruktuur daargestel is en die eerste erwe verkoop en geregistreer is het die Blue Ridge Huiseienaars Vereniging tot stand gekom.  Die laaste fase van die infrastruktuurontwikkeling was die plaveisel van die paaie en dit is in 2019 voltooi.

Blue Ridge bestaan uit 101 individuele erwe wat uitgelê is rondom ‘n groen strook om spasie binne die ontwikkeling te verseker.  Die kompleks is geleë reg langs Moquini aan die Westekant van Danabaai.  Die Weste- en Suidekant van Blue Ridge grens aan Moquini, die Oostekant aan ‘n breë munisipale groen strook en die Noordekant grens aan Floraweg waar die ingang ook geleë is.

Die kompleks is heel aan die einde van Floraweg waar dit doodloop en die area is dus heerlik stil sover dit verkeer aanbetref.

Wildslewe het vrye toegang tot die kompleks en veral Bosbokkies kom baie voor.  Die voëllewe is ook iets besonders agv die feit dat katte glad nie toegelaat word nie en honde slegs onder streng voorwaardes toegelaat word.

Blue Ridge originated from a section of Moquini that was earmarked for a retirement resort. Moquini decided against the idea of ​​a retirement resort as part of their development and the developer Purple Plum Properties bought the section with the idea of ​​establishing a small medium-density development with a strong focus on wildlife as it borders Moquini on one side, which is a nature reserve, and on the other side it borders on the greater Danabaai Conservancy and so Blue Ridge originated. After the initial infrastructure was established and the first plots were sold and registered, the Blue Ridge Homeowners Association was established. The last phase of the infrastructure development was the paving of the roads, and it was completed in 2019.

Blue Ridge consists of 101 individual plots laid out around a green strip to ensure space within the development. The complex is located right next to Moquini on the Western Side of Danabaai. The West and South sides of Blue Ridge border on Moquini, the East side on a wide municipal green strip and the North side border on Flora Road where the entrance is also located.

The complex is at the very end of Flora Road where it becomes a dead end and the area is therefore wonderfully quiet as far as traffic is concerned.

Wildlife has free access to the complex and especially Bushbuck are very common. The bird life is also something special due to the fact that cats are not allowed at all and dogs are only allowed under strict conditions.

loader-image
Dana Bay / Danabaai
4:24 pm, November 18, 2024
temperature icon 12°C
clear sky
Humidity 83 %
Pressure 1012 mb
Wind 3 Km/h
Wind Gust: 3 Km/h
Visibility: 10 km
Sunrise: 7:17 am
Sunset: 5:56 pm